In hierdie studie, wat in agt Australiese laerskole uitgevoer is, is leerders se wiskundevaardigheid voor en ná die gebruik van Matific tuis en in die klaskamer, getoets. Leerders het gemiddeld 34% beter in toetse gevaar. Onderwysers het getuig dat leerders meer betrokke was by probleemoplossing en `n beter begrip van wiskundige beginsels getoon het. Die uitkoms van die studie, is dat Matific konseptuele begrip verbeter en `n positiewe uitwerking op leerders se resultate het.
Erken en bekragtig deur leiers wêreldwyd
Erken deur TIME
Verskyn vir twee agtereenvolgende jare (2024/2025) op TIME se lys van die Wêreld se Top EdTech-maatskappye.
Goedgekeur deur UNICEF
Maak deel uit van die Blue Unicorn-portefeulje en gegradeer as Sterk—die hoogste gradering vir bewyse van impak ingevolge die EdTech for Good-raamwerk, wat deur UNICEF, die Asiatiese Ontwikkelingsbank en ARM ontwikkel is.
Deur EdTech Tulna (IIT Bombay) as "Modelgraad" gegradeer
Behaal die hoogste gradering vir Gehalte van Inhoud, Pedagogiese Belyning, en Tegnologie en Ontwerp.
Onafhanklike Bekragtiging (PRISMA 2026)
’n Stelselmatige oorsig van meer as 25 studies oor 6 kontinente heen bevestig dat Matific wiskunderesultate, motivering en betrokkenheid regoor die wêreld beduidend verbeter.
Verbeterde Leeruitkomste vir Leerders
’n Verbetering van 34% in toetspunte binne na slegs een kwartaal
Drie maande se ekstra leer in een skooljaar
In ’n grootskaalse studie deur SEG Measurement, is byna 1 500 laerskoolleerders oor die verloop ’n akademiese jaar gemonitor. Die resultate was onbetwisbaar: leerders wat Matific gebruik het, het konsekwent beter gevaar as dié wat dit nie gebruik het nie. Hulle het vinniger gevorder, beter vaardighede ontwikkel en meer selfvertroue in wiskunde getoon.
Vir jonger leerders was die voordele selfs groter — dit het hulle ’n waardevolle voorsprong in die bemeestering van belangrike konsepte gegee. Die belangrikste bevinding was egter dat Matific ’n identiese impak op leerders met uiteenlopende agtergronde gehad het; ’n bewys dat Matific vir elke kind werk.
0.33–0.76 SA-vordering en Beter Deursettingsvermoë (ECA / Plan Ceibal)
'n Omvattende studie onder meer as 2,700 graad 5-leerders in Uruguay het aangedui dat Matific wiskundevordering merkbaar versnel met ’n effekgrootte van 0,33 tot 0,76 standaardafwykings. Klasse wat die platform doeltreffend benut, voltooi gemiddeld 20% meer aktiwiteite. Dit is nie net die akademiese resultate van die leerders wat die program gereeld gebruik wat verbeter nie: hulle selfvertroue neem toe en hulle getuig ook van beter volharding (GRIT-tellings) en beter selfstandige leergewoontes.
Jong leerders toon reeds beduidende vordering in slegs vier weke
'n Studie wat in 2024 onder voorskoolse leerders in die Al Dhafra-streek van die VAE uitgevoer is, toon ’n beduidende verbetering van alle leerders se basiese wiskundevaardighede (tel, optelling, aftrekking, vorms en patrone) na slegs vier weke se gebruik van Matific. Seuns en dogters het ewe veel by die program gebaat, en geen prestasieverskille tussen geslagte is aangetoon nie. Hierdie verbetering was statisites beduidend en bewys dat Matific selfs vir baie jong leerders uitstekend werk.
Die wiskunde-druipsyfer het in een jaar met 87% verminder
'n Studie deur Escola Municipal Professor Lázaro Sagrado (Colorado, Brasilië) toon dat die gebruik van Matific in weeklikse wiskundelesse die druipkoers drasties laat daal het. Voorheen het 31,8% van graad 2 tot 5-leerders gedruip of spesiale goedkeuring nodig gehad om na die volgende graad te vorder. Ná een jaar van Matific-gebruik was hierdie syfer ’n skrale 4% — ’n afname van 87% in leerders wat nie aan die vereiste standaarde voldoen het nie.
In vergelyking met ander plaaslike skole waar Matific nie gebruik is nie, was die verskil opmerlik: terwyl dié skole se uitslae onveranderd gebly of versleg het, het die prestasie van die Matific-skool oor alle grade heen verbeter.
Beter Konseptuele Begrip van Vermenigvuldiging
'n Portuurbeoordeelde aksienavorsingstudie in 'n landelike skool in Noord-Anatolië het meetbare vordering in die bemeestering van vermenigvuldigingskonsepte getoon nadat graad 2-leerders Matific se digitale speletjies gebruik het. Kognitiewe strukture het oor drie opeenvolgende aksienavorsingsiklusse heen aansienlik verbeter, soos bewys deur kopkaarte, konseptoetse en onderhoude met leerders.
Probleemoplossingtellings: 38.6 → 92.4
’n Klasaksienavorsingsstudie wat Matific-ondersteunde Probleemgebaseerde Leer onder 21 graad 4-leerders in Indonesië ingespan het, het getoon dat die punte wat in probleemoplossing behaal is oor twee navorsingsiklusse heen byna verdrievoudig het. Voltooiingskoerse het van minder as 5% tot 100% gestyg, wat bewys dat leerders se prestasie asook hulle deursettingsvermoë verbeter het.
Verbetering van jonger leerders se meetkundige begrip oor 3 siklusse heen
’n Studie in Indonesië het bevind dat die aktiwiteite op die Matific-platform jong leerders se kognitiewe vermoëns, as dit by vormherkenning kom, oor drie navorsingsiklusse heen stelselmatig verbeter het — vanaf 25,2% in Siklus I totdat daar teen Siklus III aan al die sukseskriteria voldoen is. Die navorsers het bevestig dat Matific-aktiwiteite die kognitiewe vermoëns van baie jong leerders doeltreffend ontwikkel.
Verbeterde Wiskunderesultate vir Leerders met Outisme
’n Portuurbeoordeelde studie in Indonesië het bevind dat Matific ’n positiewe uitwerking op die wiskundige optellingsresultate van leerders met outisme gehad het — wat die platform se navorsingsbasis vergroot om leerders met spesiale onderwysbehoeftes in te sluit. Dit is die eerste gepubliseerde Matific-studie wat spesifiek op leerders met outisme fokus.
Gelykheidsbevinding oor Studies Heen
Gelyke voordele vir dogters en seuns
In beide die VSA se graad 2–3-studie en die VAE se voorskoolse studie is bevind dat dogters se prestasie net soveel as dié van seuns verbeter het— twee onafhanklike navorsingspanne op twee kontinente het bewys dat geslag geen invloed op resultate het nie.
Stelselwye programme op enige skaal
São Paulo-staat · 1.8 miljoen leerders · SARESP 2025
Rekorduitslae in Wiskunde — beste in byna 30 Jaar
Die 2025-SARESP-uitslae merk ’n historiese mylpaal vir staatsonderwys in Brasilië. Die staat se Secretaria da Educação het ’n positiewe korrelasie (r = 0,42) tussen gereelde Matific-gebruik en skoolprestasie geïdentifiseer — met graad 2 wat met +33 punte en graad 5 wat met +21 punte sedert 2023 verbeter het. Die goewerneur het tydens ’n perskonferensie by die Palácio dos Bandeirantes na hierdie bevinding verwys.
Matific was ’n integrale komponent van ’n gekoördineerde strategie — naas ’n gestruktureerde kurrikulum, onderwysersopleiding en voortdurende monitering — wat getuig van die doeltreffendheid van tegnologie as dit op skaal in ’n koherente onderrigargitektuur opgeneem word.
Gana · UNICEF se Blue Unicorn-portefeulje · Model vir Skaal
70% van ’n jaar se vordering in net 12 weke
In samewerking met UNICEF is 'n 12-week-projek in 11 openbare skole in Aswan, Egipte van stapel gestuur wat 782 graad 7-leerders met groot agterstande bereik het. Leerders het 70% van 'n volle skooljaar se vordering in dié tyd getoon — meer as dubbel die verwagte tempo — en gemiddeld 35% van leemtes in vereiste vaardighede uitgewis, met 100%-deelname, 12+ uur per leerder, en 76,8% van aktiwiteite wat op eie inisiatief voltooi is.
Egipte · UNICEF Blue Unicorn-portefeulje · Model vir Skaal
1 Jaar se leer in 12 weke
In samewerking met UNICEF is 'n 12-week-projek in 7 openbare laerskole in Gana geloods wat tot en met ’n volle jaar se akademiese groei gelei het. 90% van fundamentele leeragterstande is ingehaal met tot 94%-leerderbetrokkenheid en meer as 2 000 uur se leertyd.
2× die wiskundevordering van portuurgroepe
Uruguay se Plan Ceibal is 'n wêreldwye maatstaf vir digitale onderwys. Sewe jaar van nasionale integrasie toon groot effekgroottes (0.33–0.76 SA), hoër betrokkenheid, en’n 6.8 afname in afwesighede onder meer as 140,000 aktiewe leerders.
+25.3% verbetering in wiskunderesultate
Tamil Nadu was die eerste Indiese staat wat Matific in alle staatslaerskole geïmplementeer het. ’n Loodsprojek wat in meer as 150 skole van stapel gestuur is, het tot ’n gemiddelde verbetering van 25,3% in die wiskunderesultate van leerders in graad 1–6 gelei. Dit het die weg gebaan vir die implementering van die program vir 1,5 miljoen leerders.
+32% verbetering in wiskunderesultate
Matific het met die Click Foundation saamgespan om wiskunderesultate in agtergeblewe gemeenskappe in Suid-Afrika te verbeter. Punte het van 2,68 tot 3,54 uit 5 gestyg. Leerderbetrokkenheid het met 155% toegeneem. 93,6% van die skole het dwarsdeur die program aktief betrokke gebly, en meer as 1,56 miljoen leeraktiwiteite is voltooi.
Beter wiskunderesultate onder laerskoolseuns
’n Portuurbeoordeelde studie het bevind dat Matific in Trinidad en Tobago laerskoolseuns se wiskunderesultate sowel as hul houding teenoor wiskunde verbeter het — ’n groep wat dikwels as ongemotiveerd beskou word — en nuwe geslagspesifieke getuienis vir geteikende intervensies bied.
Insig op stelselvlak
Tegnologie werk wanneer dit leerinfrastruktuur word
São Paulo, Uruguay, Tamil Nadu en Gana toon dieselfde tendens: Matific het die grootste impak wanneer dit konsekwent in 'n georganiseerde beleidsraamwerk ingebed word — eerder as om sporadies gebruik te word. Omvang en kwaliteit groei hand aan hand wanneer stelsels ’n bewysgebaseerde beleid, deurlopende monitering en pedagogiese integrasie kombineer.
Bemagtig onderwysers en verbeter onderrig
In 'n omvattende Amerikaanse studie het 89% van onderwysers gesê dat hulle Matific sal aanbeveel
In die Amerikaanse SEG-studie het byna 9 uit 10 onderwysers aangedui dat hulle Matific sou aanbeveel, en 78% het beplan om dit die daaropvolgende jaar weer te gebruik — wat van ’n hoë vlak van tevredenheid en voortgesette toewydinggetuig.
Matific help onderwysers om wiskunde-onderrig meer effektief te maak
Uruguay se nasionale HTHT-evaluering van meer as 2 700 leerders toon dat klasse waar Matific doeltreffend ingespan is, 20% meer aktiwiteite voltooi en merkwaardige akademiese vordering getoon het. Die studie bevestig dat Matific deur navorsing gerugsteun word as ’n staatmaker-vennoot wat onderwysers helpom meer doeltreffend en met groter impak te onderrig.
77% van die onderwysers het gesê dat dit lesse meer verstaanbaar maak
'n Onafhanklike studie het gewys dat Matific onderwysers help om wiskundige konsepte simplisties aan te bied en lesse meer relevant te maak in terme van die leerders se verwysingsraamwerk. Meer as `n driekwart van onderwysers het getuig van ongekompliseerde voorstellings van wiskundige konsepte (77%), terwyl 82% gesê het dat die lesse meer relevant is. Onderwysers het ook bevind dat leerders meer betrokke is by lesse en ’n positiewe houding teenoor Wiskunde openbaar as hulle Matific gebruik.
Verbeter leerderbetrokkenheid en -selfvertroue
In Australië dra Matific tot uitstekende leerervarings en leerderbetrokkenheid by
’n Gevallestudie by 8 laerskole, wat ’n wye spektrum van sosio-ekonomiese agtergronde verteenwoordig, het getoon dat leerders wat Matific gebruik, merkwaardig gevorder het: hul toetspunte het gemiddeld met 34% verbeter. Onderwysers het ook gerapporteer dat Matific wiskunde meer opwindend gemaak het - leerders het die wiskunde as “pret” beskryf en het onteenseglik gevoel dat hulle leer terwyl hulle speel.
As dit by die bevordering van genotvolle leerervarings kom, is Matific as #1 in Suid-Afrika aangewys.
Na afloop van ’n nasionale implementering by 328 skole, het die Click Learning-program bevind dat 78% van leerders dit geniet het om met Matific te leer — dit was die beste gradering van die drie wiskundige hulpmiddels wat geëvalueer is. Onderwysers het Matific se speletjie-aanslag, onmiddellike terugvoer en beklemtoning van hoofrekene as die belangrikste dryfvere vir leerderbetrokkenheid geïdentifiseer.
95% van leerders het meer betrokke gevoel
Volgens die Szold-instituut was 95% van leerders in klaskamers waar Matific gebruik word, merkbaar meer betrokke by klasaktiwiteite. Onderwysers het ook ’n beduidende toename in nuuskierigheid (84%) en pret (98%) gerapporteer. Verder het opvoeders opgemerk dat Matific lesse makliker maak om te verstaan en dit suksesvol by leerders se verwysingsraamwerk laat aansluit.
Matific verbeter deelname en begip
Tydens ’n loodsprojek by uitgesoekte Fidjiaanse laerskole het Matific se spelgebaseerde leerbenadering gelei tot ’n toename in leerderbetrokkenheid en ’n beter begrip van moeilike wiskundige konsepte. Onderwysers het ’n toename in klaskamerdeelname en ’n verbeterde ingesteldheid van leerders teenoor wiskunde gerapporteer.
Leerders het getuig van verbeterde deursettingsvermoë en selfvertroue
Volgens die terugvoer van leerders in groepe wat Matific gereeld gebruik, het hulle deursettingsvermoë (GRIT-tellings) verbeter, kon hulle meer onafhanklik leer en het hulle gesindheid teenoor wiskunde verbeter. Onderwysers het opgemerk dat leerders meer bereidwillig was om uitdagings aan te pak en te volhard met probleme — noodsaaklike vaardighede vir langtermynsukses in wiskunde.
Pedagogiese ontwerp en kwaliteit
As “uitstaande” beskryf ten opsigte van pedagogiek, inhoud, en ontwerp
Matific is as “Uitsonderlik” gegradeer in al drie kernkategorieë - Inhoudgehalte, Pedagogiese Belyning, en Tegnologie en Ontwerp - deurdie EdTech Tulna-raamwerk vir graad 3–5. Die evaluasie het Matific se konstruktiewe pedagogie beklemtoon, asook die manier waarop dit leer met aanpasbare opvoedkundige speletjies steier.
Impakgetuienis: Sterk
Matific is geëvalueer aan die hand van die EdTech for Good-raamwerk wat deur UNICEF, die Asiatiese Ontwikkelingsbank (ADB), ARM en vennote ontwikkel is — en is van meet af aan in die Blue Unicorn-portefeulje opgeneem. Dit bevestig dat Matific se doeltreffendheid deur een van die wêreld se mees vooraanstaande internasionale ontwikkelingsorganisasies bekragtig is, en is in Gana en Egipte ontplooi.
Erken as een van die wêreld se Top-EdTech-maatskappye
Matific het vir twee opeenvolgende jare op TIME se lys van die Wêreld se Top-EdTech-maatskappye verskyn, met ’n aansienlike sprong op die ranglys. Die lys, saamgestel deur TIME en Statista, evalueer maatskappye op grond van finansiële krag, bedryfsimpak, innovasie en groei — wat Matific onder die leidende opvoedkundige tegnologiemaatskappye wêreldwyd plaas.
