Matific Pedagogie

Matific se visie is om elke kind in elke land te voorsien van 'n wiskunde ervaring van die hoogste moontlik kwaliteit. Om dit te bereik plaas ons, ons pedagogiese beginsels as die kern van alles wat ons doen. Die platform is gegrond op streng pedagogie wat diep konseptuele begrip van wiskunde opbou.

Ons 5-punt-pedagogiese beginsels, ontwikkel deur die Matific se akademiese direksie, sluit in:

  1. Konseptuele Begrip

    Ontwikkel 'n begrip van die fundamentele boustene van wiskunde, neem kennis verby prosedures en formules.

  2. Konseptuele Begrip is die skakel van apparte elemente van wiskundige kennis in holistiese begrip van 'n spesifieke onderwerp. Kortliks, dit is die hoekom agter die antwoord.

    Ons ondersteun ons fokus deur konseptuele begrip met vyf beginsels te ontwikkel.

    Vorder van Konkrete to Abstrakte

    Wiskunde is 'n wêreld van abstraksies, maar om regte autentieke konseptuele begrip te ontwikkel en nie net algoritmes te volg nie moet ons deur alle vlakke van abstrasie gaan vanaf die mees konkrete tot die mees abstrakte. Matific aktiwiteite word ontwikkel op so manier dat kinders op 'n reis van baie werklik en konkrete wiskunde verteenwoordigings gaan deur geleidelike stappe van simboliek tot 'n einde waar kinders probleme kan oplos self in die abstrakte. Die vooruitgang verseker dat kinders nie net 'n prosedure memoriseer nie maar werklik verstaan wat dit beteken.

    Die Behoefte aan Verskeie Metafore

    As jy wiskunde konsepte onderrig om werklike begrip te ontwikkel moet verskeie metafore gebruik word. Deur verskeie metafore te gebruik help ons kinders om wiskunde modelle te veralgemeen en die beste geskikte wiskunde model vir onbekende probleme wat hulle teekom te herken.

    Spiraal leer en Vooruit Saai

    Ons plaas groot klem op vooruit saai om fondasies te lê voor die formele onderrig. Wanneer moontlik demonstreer ons meer intuïtiewe variasies van 'n konsep om kinders te help die wese daarvan te verstaan. Dit versterk die kind se vertroue, help met hul probleemoplossings vaardighede en bou pilare teen wiskunde angs.

    Maak konneksies oor vakke heen

    Wiskunde boeke en kurrikula breek leer materiale in 'n versameling van vaardighede op. Die klassifikasie van onderwerpe help ons leer progressies bou, maar ons moet onself herriner dat dinge onderling gekoppel is en onderwerpe staan nie alleen nie. By Matific, omhels ons die binnekonneksie van onderwerpe om diepe begrip te ontwikkel. dit is belangrik om nie net die wat te verstaan nie maar ook die hoekom, wanneer en hoe.

    Effektiewe en Insiggewende Terugvoer

    Matific gebruik 'n 3 stap, verkeerde antwoord volgorde om 'n net betydse intervensie wat kinders aanmoedig om hul fout te hersien en weer te probeer. Ons verskaf geïllustreerde voorstelle en as dit nodig is verskaf ons die voorgestelde stappe om die probleem op te los. Dit gee kinders die instrumente om die volgende probleem korrek te beantwoord.

  1. Kritiese Denke

    Bou probleemoplossings vaardighede en kultiveer natuurlike nuuskierigheid deur leerders aantemoedig om te eksperimenteer in 'n praktiese omgewing.

  2. Matific bevorder Kritiese Denke deur kinders aan te moediging om uitdagings en gevolgtrekkings te bevraagteken. Ons druk hulle om dinge te vra soos "Wanneer is dit van toepassing?" "Wat is nodig om die stelling te maak?" Ons moedig kinders aan om oortuig te word, eerder as om reëls te aanvaar op sigwaarde.

    Ons bou Kritiese Denk Vaardighede met die volgende vier pillare.

    Ontwikkel Probleemoplossings Vaardighede

    Probleemoplossing is die kern van wiskunde. Dit word gesien in kurrikula reg oor die wêreld maar om probleemoplossings te onderrig is moeilik want daar 'n fyn lyn is tussen uitdaging en frustrasie. Matific aktiwiteite is spesifiek ontwerp om kinders toe te laat om nuwe probleme te benader en nuwe maniere te vind om dit op te los, veral as daar geen duidelike algoritme is nie.

    Verseker Aanspreeklikheid

    Die vermoë om jouself te monitor en te verstaan is fundamenteel tot die ontwikkeling van 'n kind se opvoedkundige onafhanklikheid. Matific gee kinders 'n omgewing waar hulle hul foute kan verstaan. Ons volg hulle foute tot logiese oplossings sodat hulle kan sien hoe en waar hulle verkeerd was.

    Identifiseer met die Wiskunde Gemeenskap

    Die Wiskunde gemeenskap kan heel abstrak voel van 'n kind se elke dag lewe, maar ons wil hê kinders moet die skoonheid sien in wiskunde. By Matific het ons 'n omgewing geskep waar kinders gemaklik voel om vrae te vrae, aksie te neem en nog meer belangrik by te drae tot wiskunde.

    Verskeie Strategieë, Verskeie Oplossings

    In werklike lewe het probleme verskeie oplossings en die selfde is waar vir wiskunde. In werklikheid verskeie strategieë is 'n eienskap van komplekse probleme. Deur verskeie strategieë en oplossings moontlik te maak moedig ons kreatiwiteit en spelerigheid in wiskunde aan. Matific hou probleme voor met verskeie maniere om te antwoord wat kinders toelaat om nuwe insigte te ondek, hul eie gevolgtrekkings te maak, en hul begrip van probleme te verdiep.

  1. Betekenisvolle Konteks

    Maak wiskunde werklik deur werklike-lewe probleme voortehou in natuurlike scenario's.

  2. Deur wiskunde in 'n outentieke konteks te plaas wat werklik voel vir kinders, laat ons hulle die belangrikheid sien van verskillende wiskundige konsepte in hul alledaagse lewe. Die egtheid verseker dat soos kinders aan groter en groter abstraksies bekengestel word, hul vol vertroue word met die kennis van hoe hulle inpas in hul dag tot dag lewe.

    Relevansie vir kinders

    Relevansie se versekering is fundamenteel om aanhoudende betrokkenheid en motivering in wiskunde te verseker. Baie keer kom wiskunde oor as 'n abstraksie geskei van kinders se elke daagse lewe. By Matific, word 'n 'n kontinent geskep wat intrinsiek belangstelling in kinders wek. Die inhoud kan gekoppel word aan die flieks wat kinders kyk, die speletjies wat hulle speel of die wêreld om hulle Ons wiskunde is relevant tot hulle elke daagse lewe. Ons skep wêrelde en probleme waar kinders hul verbeelding en spelerigheid kan gebruik. Hulle behoort die wêreld te kan verbeel wat ons probeer skep.

    Outentieke Instellings

    'n Sleutel fokus van Matific se aktiwiteite is om intuïsie te gee aan die wiskunde konsep. Die beste manier om dit te doen is om op die intuïsie wat kinders alreeds het staat te maak. Ons doen dit deur op kinders se natuurlike werklike lewe ervarings staat te maak. Ons probleme is deurdag ontwerp en gekies vir kinders om te leer, ontwikkel, en nuwe idees te konsolideer oor 'n reeks van realistiese situasies. Ons vermy uitgedinkte situasies waar die voorbeelde nie die werklike lewe reflekteer nie soos byvoorbeeld as daar van die nommer 6 gepraat word, sal ons 6 eiers in 'n eierboks wys eerder as 6 sampioene in 'n woud.

    Intrinsieke Terugvoer

    Tradisionele terugvoer in onderwys is 'n eksterne mag wat die kind vertel "Jy is verkeerd", maar deur betekenisvolle konteks te verskaf beteken ook om intrinsieke kontektuele terugvoer te verskaf. By Matific gee ons intrinsieke terugvoer wat inherent is tot die omgewing van die probleem. Die terugvoer is direk afgelei van die aksies wat die kind neem en dit is nie 'n buite uitspraak nie

  1. Persoonlik gevormde Leer

    Aanpasbare vrae en gedifferensieerde ervarings om elke leerder in staat te stel om te floreer.

  2. Elke kind leer op unieke maniere van verskillende leer snelhede tot verskillende leer style. Deur die korrekte vraag op die korrekte tyd te vra laat ons elke kind hul eie leerreis volg. Deur 'n leer omgewing te verskaf waar kinders eienaarskap kan neem van hul leer koester ons onafhanklikheid maar verseker ons ook dat wat ookal hul leerbehoeftes is kinders elke vraag kan benader op 'n manier wat hulle vermoë pas.

    Geïndividualiseerde Reise

    Matific se aktiwiteite is versigtig ontwerp om te verseker dat kinders in staat is om teen hulle eie tempo dit te voltooi en op hulle eie manier. Dit beteken dat tensy ons kinders vra om hul vlotheid te oefen ons nie tydsbeperkinge gebruik nie. Ons laat kinders toe om terug te keer na 'n aktiwiteit vir soveel keer as wat hul wil om hul uitslag te verbeter. Ons glo kinders het tyd en plek nodig om die vakke in te neem, en die uitdagings wat hul in die gesig staar te verwerk.

    Floreer in 'n Heterogene Klaskamer

    Om te floreer in 'n multi-vermoë klaskamer is moeilik in die beste tye vir kinders en onderwysers. Matific verskaf 'n verskeidenheid instrumente om nie net uit te hou nie maar te floreer in hierdie klaskamer omgewings.

    Portuur Leer: As 'n kind iets verduidelik aan 'n ander kind - word albei bevoordeel. Dit is soms moeilik vir volwassenes om die kind se probleme te verstaan, want ons het lankal reeds die hindernis oorkom, en vir 'n ander kind wat onlangs dit oorkom het is dit makliker om te onthou en daarmee te help.

    Aktiwiteit Variante: Alle kinders kan dieselfde speletjie speel maar op verskillende vlakke, volgens hulle vordering. Die aktiwiteite lyk dieselfde, maar verskil in moeilikheid. Ons noem dit verskillende variante van dieselfde aktiwiteit en onderwysers kan die verskillende variante aanwys vir verskillende kinders.

    Verryking: Ons verskaf raaisels, brein uitdaging, en eindelose speletjies waar kinders kan aanhou leer en oefen vir so lank as hulle wil. Hierdie ekstrakurrikulêre aktiwiteite laat gevorderde kinders om aan te hou voordeel trek uit gevorderde wiskunde sonder om die kurrikula gapings groter te maak.

    Kruiskurrikula-inhoud: kinders is geintereseerd in verskeie onderwerpe, en ons wil hul nuuskierigheid verhoog. in verskeie episodes verskaf ons additionele kruiskurrikula-inhoud om die kinders te verbly en te betrek.

    Persoonlike Terugvoer en Wenke

    Terugvoer is 'n fondamentele deel van die leer proses maar te min of te veel inligting in terugvoer help nie die kind om hul fout of die probleem te verstaan nie. By Matific gebruik ons die antwoorde wat die kind gee om effektiewe en persoonlike terugvoer te gee wat in ag neem wat die kind se werklike antwoord was en dus intydse intervensie verseker.

  1. Internsieke Betrokkenheid

    Streng Speelomgewing wat uithou vermoë en 'n liefde vir wiskunde aanspoor.

  2. Om te verseker dat kinders outentiek betrokke is met wiskunde is fundamenteel tot die fondasie bou vir 'n leeftyd van wiskunde. By Matific, daag ons onself uit om pret inhoud te maak. Jy kan sê dat Matific 'n plek is waar kinders will wees. Die karakters is uitdagend en die situasies is interressant en die probleme is toeganglik. Jy wil daar bly om die einde van die storie te sien. Terselfdetyd is ons ook versigtig om te verseker dat hierdie innemende gebruikerservaring nie die pedagogiek oorskadu nie.

    Verminder Angs

    As daar net een antwoord is, is dit baie duidelik as 'n antwoord verkeerd is. Die feit gepaard gaande met 'n kultuur waar mislukking gekoppel word aan lae intelligensie, veroorsaak wiskunde angs in kinders, wat dan lei tot kinders wat wegbly van wiskunde in ouer grade.
    'n Gevoel van bekwaamheid en vertroue is van kardinale belang vir leer by Matific gebruik ons 'n speletjies omgewing om 'n omgewing te skep vir ondekking om angs te verminder.

    Wek Nuuskierigheid en Laat Volharding Floreer

    Om 'n omgewing te skep waar kinders vry is om hul nuuskierigheid en deursettingsvermoë te stimuleer is belangrike in die skepping van 'n koesterende opvoedkundige omgewing en dit te verseker. Ons doen dit deur kinders 'n groot deel van beheer te gee oor hulle vordering, gee hulle die vryheid om te ondek, om te besluit wat om te doen, en hoe om te vorder. Ons maak ook ons aktiwiteite uitdagend maar innemend. Ons verskaf verskeie kanse om te antwoord en moedig kinders aan om dit deur te sien tot die einde.

    Verskaf Vryheid om te Misluk

    Ware leer word net verkry deur 'n produktiewe stryd, waar jy gekonfronteer word met 'n uitdaging waar jy verskeie kere misluk en dit dan oorkom.
    By Matific, gebruik ons die metafoor van die speletjies omgewing om te verseker dat kinders nie bang is om te misluk nie. Net soos die speletjies wat hulle speel, is mislukking deel van die proses van oorkoming en vordering deur probleme. Deur Matific te gebruik, sien kinders dat foute nie 'n gevaar is nie, maar 'n natuurlike leer proses.

    Gebruik die Tegnologie om Inherente Betrokkenheid te Bewerkstellig

    Technology gee ons so groot kans om die opvoedkundige ervaring te verbeter maar meeste kommersiële verskaffers lewer nie meer as 'n digitale werkkaarte. By Matific, druk ons tegnologie tot die limiet om duisende hulpmiddels te verskaf, virtuele labratoriums en interaktiewe omgewings.

    Leer deur Doen

    Die aanhaling van Confucius, "What I hear I forget, what I see I remember, what I do I understand" is so bsie vantoepassing op moderne onderrig. Studies het getoon dat aktiewe, praktiese leer is ver meer effektief as passiewe leer.
    By Matific voorsien ons probleme met interaktiewe komponente wat kinders toelaat om kennis self te bekom, wat lei tot "eureka" momente.

Integreer moeiteloos met

  • "Clever Inc" tegnologiese vennoot vir Matific aanlyn wiskunde hulpbronne vir onderwysers, leerders en skole
  • Google Classroom tegnologiese vennoot vir Matific aanlyn wiskunde hulpbronne vir onderwysers, leerders en skole
  • Office 365 tegnologiese vennoot vir Matific aanlyn wiskunde hulpbronne vir onderwysers, leerders en skole
Matific v4.39.1