Probeer die aanbeveleMatific Speel aktwiteite

  • Graad 3-4
  • Graad 5-6

Op soek na 'n spesifieke onderwerp? Blaai deur aktiwiteite

Hoe om Matific Speel? te gebruik

  • Stel Nuwe Onderwerpe Bekend

    Begin nuwe onderwerpe met 'n knal deur interaktiewe wiskunde aktiwiteite te gebruik. Dit sal help met om ou kennis te assesseer en terwys leerders betrek word.

  • Hersien Kennis

    Verander onderwerp hersiening in 'n pret interaktiewe geleentheid wat jou leerders sal liefhê! Gebruik dan die uitslae om sterktes en area vir vebetering te identifiseer.

  • Ysbreker & Motivering

    Maak u leerders opgewonde om wiskunde te leer deur 'n pret Matific uitdaging bekend te stel.

  • Vrydag Pret

    Op soek na 'n wonderlike manier om die week te eindig? Probeer 'n pret en innemende wiskunde uitdaging!

Hoe dit werk

  1. Kies 'n aktiwiteit
  2. Deel die kode met u klas
  3. Leerders sleutel die kode in en begin
Speel Nou!

Matific Speel vir Onderwysers

Maak 'n interaktiewe, sosiale leer omgewing waar leerders werklik wiskunde kan geniet! Beloon jou klas met wiskunde aktiwiteite wat eweknie leer groei en vriedelike kompetisie bevorder. Matific Speel is nie net pret nie maar dit verskaf 'n fantastiese manier om wiskunde onderwerpe bekend te stel, te hersien, te versterk en te assesseer. Om diep konseptuele verstaan te bou was nog nooit so maklik nie en meer innemend!

Matific Speel vir Leerders

Daag jou vriende uit tot 'n vriendelike kompetisie en wen terwyl jy leer! Met Matific Speel, kan jy jou vaardighede assesseer en jouself druk om jou persoonlike beste te doen met elke uitdaging. Sê totsiens vir vervelige werkkaarte en angswekkende assesseerings toetse. Sê hallo vir pret interaktiewe wiskunde aktiwiteite wat kennis en vertrou bou.

Matific Speel vir Ouers

Matific Speel se vermaaklike wiskunde aktiwiteite sal u kind verslaaf laat raak aan leer! Verander skermtyd in leertyd met interaktiewe uitdagings wat u kind aanmoedig om hul best te doen. U kan selfs familie uitdagings opstel om te sien wie weet meer...ouers of kinders?

Matific Speel is Gratis

Speel Nou!

Gereelde Vrae

Wat is Matific Speel?

Matific Speel laat jou onmiddelik pret, uitdagende sessies hê van enige van ons duisende interaktiewe wiskunde aktiwiteite. Dit is maklik om 'n sessie op te stel en die kode te deel om te begin.

Vir wie is Matific Speel?

Almal! Vir onderwysers, dit is 'n fantastiese klaskamer aktiwiteit. Vir Ouers, dit is 'n prettige manier om u kind besig te hou met wiskunde. Vir leerders en wiskundige mense oral, dit is 'n wonderlike manier om wiskunde uitdagings te verken as 'n groep.

Hoe werk Matific Speel?

Vind die aktiwiteite wat u wil deel en druk op die "Speel Nou" knoppie. Dit sal 'n kode genereer wat u kan deel met enige iemand - u klas, u kinders, u eweknieë. As almal deel is, begin die aktiwiteit en hou die ranglys dop!

Moet ek op Matific inteken om Matific Speel te kan gebruik?

Nee, Matific Speel is beskikbaar vir almal!

Moet ek 'n Matific rekening hê om Matific Speel te gebruik?

Nee, Matific Speel is beskikbaar aan almal. Blaai deur ons volle aktiwiteits biblioteek, genereer 'n kode deur op die Matific Speel knoppie te druk en begin nou dadelik.

Ek het reeds 'n onderwyser rekening, hoe kry ek toegang tot Matific Speel?

U kan 'n kode vir Matific Speel genereer op enige aktiwiteits bladsy. Gebruik die "Vind Aktiwiteite" funksie om deur te blaai of te soek na eniges wat jy wil deel en open die aktiwiteit deur op die kleinkiekie te klik.

Hoeveel leerders kan saam deelneem?

Tot 60 leerders kan deelneem aan 'n enkele sessie.

Kan ek 'n verslag aflaai aan die einde van 'n aktiwiteit?

Die aflaai funksie is nie nou beskikbaar nie, maar ons werk hard om klas uitslae van Matific Speel in te bring na die res van Matific se verslag funksie.

Kan ek die resultate stoor?

Die Stoor funksie is nie nou beskikbaar nie, maar ons werk hard om klas uitslae van Matific Speel in te bring na Matific se verslag funksie.

Is daar 'n limiet op hoeveel aktiwiteite ek kan toeken/speel?

Nee, jy kan Matific Speel gebruik soveel as wat jy wil.

Wat is my opsies om die ranglys aansig aan te pas?

Ranglyste is ontsagwekkend maar partykeer is dit nie reg om een te vertoon nie. Vir die rede het ons dit moontlik gemaak vir die spelgasheer om die die ranglys te kies wat by die aktiwiteit sal pas. Jy kan ranglyste wys volgens tyd, telling, of albei of as dit nie regtig 'n kompetisie is nie kan jy sommer net 'n voltooiingsbord wys. Die keuse is joune.

Hoe vind ek aktiwiteite vir die onderwerp wat ek ondderig?

As jy 'n Matific lisensie het kan jy Matific Speel direk laai vanaf die aktiwiteits bladsy - druk net op die aktiwiteit se kleinkiekie om dit te laai. As jy nie 'n Matific lisensie het nie gaan na die Wiskunde Aktiwiteits bladsy en begin ondek! Matific Aktiwiteite
Matific v4.39.1